Vrou sterf in Mpumalanga tydens optog oor elektrisiteit

Deel hierdie storie / Share this story

Mpumalanga-polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het bevestig dat ’n 50-jarige vrou Maandag oorlede is nadat sy geskiet is tydens ’n betoging oor elektrisiteit. Hy het gesê ’n ondersoek om vas te stel wie haar geskiet het, is aan die gang.

Die betoging het Maandag vererger met inwoners wat winkels aan die brand steek, paaie toepak en in KwaGuqa ’n PicknPay aan die brand gesteek en besteel het. Leerlinge kon nie eksamen skryf nie, want die area was afgesper.

Bronne: Times LIVE, Schools Digest, Rise FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: VSA teiken beweerde Isis-lede in Suid-Afrika