Byna ‘n jaar na Len Cloete in die kop geskiet is by ‘n gastehuis in Muldersdrift en ‘n video van die voorval wyd versprei is, sloer die ondersoek met die saak steeds.
JacarandaFM berig dat die ondersoek sloer weens Cloete se onvermoë om te kan praat.
Volgens JacarandaFM sê Mike Bolhuis dat die ondersoek rakende die insident reeds voltooi is, maar dat die waarheid van die voorval eers bekendgemaak kan word wanneer Cloete kan praat.
In die video wat wyd op sosiale media versprei is, wys dit hoe Cloete in sy onderklere in ‘n stryery met polisiebeamptes betrokke raak, waarna ‘n polisiebeampte hom dan in die kop skiet.
Die voorval het in Novembermaand verlede jaar by die Misty Hills Lodge in Muldersdrift in Gauteng plaasgevind. In die video van die voorval is drie polisielede in ’n rusie met Cloete, voordat Cloete in die kop geskiet word. Grace Langa, woordvoerder van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod), het verlede jaar aan FiND iT bevestig Cloete kon ‘n maand na die voorval sy oë ‘n bietjie oopmaak en self asemhaal..
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



