Intercape bus slaan aan die brand

Deel hierdie storie / Share this story

’n Intercape Sleepliner-bus met 46 passasiers het Vrydagaand aan die brand geslaan terwyl hy van Kaapstad na Johannesburg gereis het.

Volgens een van die passasiers het hulle omstreeks 22:50 “gebrande draad” begin ruik terwyl hulle op die N1, drie kilometer van Touwsrivier, was.

“Die bus was van Kaapstad na Johannesburg onderweg en die voorval het 3 km van Touwsrivier af plaasgevind,” lui ’n verklaring deur Intercape.

“Ongelukkig kon die bestuurders nie die brand blus nie.”

Die rede vir die brand word nog ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel