Dr. Chris Barnard sou vandag 100 jaar oud gewees het

Deel hierdie storie / Share this story

Die hartpionier Christiaan Neethling Barnard, wêreldwyd bekend en beroemd as dr. Chris Barnard, sou vandag, 8 November, 100 jaar oud gewees het.

Barnard is op 8 November 1922 op Beaufort-Wes gebore. Hy is op 2 September 2001 oorlede.

Hy was die briljante snydokter wat roem verwerf het nadat hy die wêreld se eerste suksesvolle mens-tot-mens-hartoorplanting in 1967 uitgevoer het. Denise Darvall se hart is in Louis Washkansky oorgeplant en dr. Barnard word oornag wêreldberoemd. Alhoewel die oorplanting as sulks suksesvol was, sterf Washkansy na 18 dae aan longontsteking.

Later sou dr. Barnard die eerste babahartoperasie uitvoer. Hy tree in 1983 af.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel