Botox vir tandekners, sê Angelique Gerber

Deel hierdie storie / Share this story

Die aktrise, Angelique Gerber, kry Botox omdat sy te veel op haar tande kners.

In ‘n onlangse video op haar Instagram-blad, waar sy dr. Chris Giezing besoek, kan mens sien hoe hy vir haar Botox aan die regter-en linkerkant van haar kakebeen asook onder haar ken inspuit.

Gerber sê sy kry elke drie tot vier maande Botox vir haar gekners – afhangend van hoe baie sy stres.

Botox is volgens Wikipedia ‘n produk wat spiere laat verslap. Dit is ‘n neurotoksiese gif wat deur die bakterie Clostridium botulinum geproduseer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel