Bejaarde man dood toe hy van rowers vlug en motor hom tref

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde man het gesterf nadat hy van rowers op die N2-snelweg naby Chesterville-nedersetting in Durban-Suid probeer vlug het.

Netcare 911 sê die man het na bewering op die N2 gery waarna hy in klippe wat op die N2 geplaas was, vasgery het. Sy motor kon nie verder ry nie en hy het glo uit sy motor geklim om die skade vas te stel.

Toe hy uitklim, is hy deur ‘n onbekende aantal verdagtes beroof. In ‘n poging om van die rowers te ontsnap, is hy noodlottig deur ‘n verbygaande motor getref.

Hy is op die toneel dood verklaar. Cato Manor-SAPS ondersoek die omstandighede waaronder die man gesterf het.

FiND iT het die polisie om kommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.