Die Springbok-losskakel Elton Jantjies het uiteindelik aan sy vrou, Iva Ristic en die ma van sy drie kinders, erken hy was ontrou aan haar.
Luidens ‘n berig deur News24 het Jantjies tydens ‘n onderhoud erken dat hy en die Springbok-dieetkundige, Zeenat Simjee, vir etlike maande romanties betrokke was.

Jantjies, wat slegs ure weg was van ‘n vlug na Ciprus om by sy familie aan te sluit, het aan die publikasie gesê hy is skaam en hartseer oor sy eie optrede.
Ristic het in ’n onlangse onderhoud gesê sy was al ’n rukkie lank agterdogtig oor haar man se verhouding.
Lees die vorige artikel waarin Iva vertel dat sy en Jantjies nie aan hul huwelik werk nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



