Bus met skoolkinders beland in sinkgat

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bus met kinders het Donderdag op Ashton in ‘n sinkgat beland.

Volgens ‘n ooggetuie wat agter die bus gery het, het die bus, wat skoolkinders vervoer, net ewe skielik begin wegsak in die sinkgat.

Die kinders, wat glo histeries gehuil het, het bo-oor mekaar probeer klim om uit die bus te kom.
Al die kinders het ongedeerd uit die bus gekom.

Volgens die Son-koerant gaan die betrokke busmaatskappy die Langeberg-munisipaliteit dagvaar.

Kort na die insident het die munisipale werkers die sinkgat gaan toemaak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel