’n Seun (17) is twee keer met ‘n mes gesteek terwyl hy sy oom se begrafnis in Cornubia KZN bygewoon het.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) het Vrydag omstreeks 20:57 op die toneel aangekom nadat hulle ‘n oproep om bystand ontvang het.
Met hul aankoms op die toneel het hulle die tiener met steekwonde aan sy rug en linkerarm teëgekom.
Daar is vasgestel dat die slagoffer sy oom se begrafnis bygewoon het waarna hy en sy ouer neef na ‘n snoepie gegaan het.
Drie mans het hulle genader waarna hy gesteek is en van hul waardevolle besittings beroof is.
‘n Stoeiery het ontstaan en die tiener is met ’n mes gesteek.
Die verdagtes het te voet in ‘n onbekende rigting gevlug.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



