Twee mense sterf in brand in Sunninghill

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mense is onherkenbaar verbrand in Sunninghill gevind.

Die Johannesburgse Noodbestuursdienste het gesê hulle het Vrydag op ’n brandvoorval, wat glo deur die gemeenskap begin is, reageer.

Die saak is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

“Daar word geglo dat die brand deur gemeenskapslede gestig is toe hulle een van die oorledenes van diefstal beskuldig het,” het Robert Mulaudzi, Johannesburgse EMS-woordvoerder, gesê.

Bronne: EWN, Pan African Dispatch

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man (52) van Taung gevonnis vir verkragting van meisie (11)