Die Getroud met rugby-aktrise, Juanita Velts en haar regisseur-man, André, het vanoggend vir die tweede keer ouers geword, dié keer van ‘n seuntjie, Simon Velthuysen. Hy is vernoem na André se oupa.
Juanita het op sewe weke uitgevind sy is swanger met ‘n tweeling, maar op 12 weke het die dokter vir die paartjie gesê een van die tweeling het opgehou groei en dit nie gemaak nie.
Die paartjie het ook ‘n dogterjie, Zia, wat in September twee geword het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



