Suid-Afrika se neutraliteit bevraagteken oor gesamentlike militêre oefeninge met Rusland

Deel hierdie storie / Share this story

Met Suid-Afrika wat besluit het om gesamentlike vlootoefeninge met Rusland uit te voer, is daar ernstige vrae oor dié land se neutraliteit ten opsigte van die oorlog in die Oekraïne.

Die VSA, Brittanje en ander Europese lande het gevorderde militêre toerusting aan die Oekraïne verskaf om die Russiese inval af te weer. In plaas daarvan het Suid-Afrika geweier om sanksies in te stel en het sy samewerking met Rusland voortgesit.

Die Demokratiese Alliansie (DA) se Kobus Marais sê: “Ons weermag het ‘n nuwe laagtepunt op die internasionale verhoog bereik. Terwyl Oekraïense burgerlike teikens elke dag gebombardeer word, neem ons weermag gelukkig deel aan oorlogspeletjies met die Russiese vloot.”

Bronne: EWN, 702

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Oekraïense minister van buitelandse sake verstom oor SA se houding oor VN-resolusie wat Rusland veroordeel