Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het Woensdag bevestig dat dit sal voortgaan met litigasie teen sanger Steve Hofmeyr. Dit volg ná uitlatings wat hy na bewering teen die LGBTIQ+-gemeenskap op sosiale media gemaak het.
‘n Sitting het Donderdag in die Gelykheidshof in Port Elizabeth plaasgevind, maar geen ooreenkoms is tussen die partye bereik nie.
Hofdokumente het bevestig dat Out LGBT Well-Being, die land se tweede oudste LGBT-organisasie, die klagte by die SAMRK ingedien het. Die saak is egter tot 16 Februarie 2023 uitgestel.
Die organisasie eis R500 000 aan ’n organisasie sonder winsbejag wat die regte van die LGBTQI+-gemeenskap bevorder. Ander eise is ook uiteengesit.
“’n Aanwysingsverhoor het voortgegaan in die Hooggeregshof in Port Elizabeth, waar die Gelykheidshof sit, wat bepaal het hoe die aangeleentheid vorentoe sal verloop,” sê dr. Carter.
Die kommissie het verder die belangrikheid beklemtoon van die bevordering en beskerming van die regte van die wye LGBTQIA+-gemeenskap.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



