Gr.7-leerder steek glo gr.10 met mes dood

Deel hierdie storie / Share this story

Inwoners van Moorreesburg is geskok nadat ‘n laerskoolleerder van moord aangekla word.

‘n Gr. 7-leerder van die laerskool op die plattelandse doprie het na bewering ‘n gr.10-leerder van die Hoërskool Piketberg met ‘n mes doodgesteek. Die voorval het by die op-en-aflaai-punt vir die skoolbusse plaasgevind.

Die oorledene is intussen as Jenito Smit geïdentifiseer. Smit se ma werk glo by die skool waar die verdagte ‘n leerder is.

AO Joseph Swartbooi sê ‘n 15-jarige seun is in hegtenis geneem en steeds in aanhouding. “Hy word aangekla van moord.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel