Die 28-jarige grimeerkunstenaar en fotograaf Micayla Smith sê die geleentheid om saam met Miss Teen Universe Theane Willemse na Miami te reis om haar te grimeer, is “alles waaroor sy kon droom”.
Theane Willemse (17) is vroeër vanjaar as Miss Teen Universe South Africa gekroon en gaan Suid-Afrika nou in November by die wêreldwye kroning in Miami verteenwoordig.
Smith, wat al vir nege jaar grimering doen, vertel sy en Willemse stap al ‘n lang pad saam. “Ek het haar eerste grimering en fotosessie in 2017 gedoen, toe was sy nog ‘n klein dogtertjie!”
Smith is sedertdien aan Willemse se sy wanneer sy mooimaak vir geleenthede in haar modelloopbaan.
“Ek was op cloud nine,” vertel Smith oor hoe sy gevoel het toe Willemse haar gevra het of sy saam na Miami sal reis om haar persoonlike grimeerkunstenaar te wees. “Ek is ongelooflik dankbaar en opgewonde dat hulle my so baie vertrou om deel te wees van die ongelooflike journey.
“Ek gaan saam met wonderlike mense. En vir my om vir Theane te kan mooimaak en bystaan vir so ‘n groot geleentheid, is alles waaroor ek kon droom.”
Smith sê sy sien baie uit na die uitdaging. “Ek dink mens moenie dinge te veel oordink mie. Ek ken Theane se gesig die beste en ons werk lekker saam en verstaan mekaar. Dit sal lekker wees om te sien hoe ander verskillende grimeerkunstenaars hulle maniere het van goedjies doen!”
Hulle vertrek op 9 November en sal op 30 November terugkeer na Suid-Afrika en Smith vertel sy sal in dié tyd elke dag Willemse se grimering doen. Daar sal ook spesiale looks wees wat sy vir fotosessies en geleenthede moet doen.
Haar wenke aan vrouens as dit kom by grimering, is:
Trust the process! Moet nooit opgee as jy iets nie regkry nie, vat jou tyd en oefen elke dag, want met tyd bou mens selfvertroue op en dan word jy elke dag ‘n bietjie beter.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



