‘n Vrou (26) het omgekom toe ‘n motor haar voertuig van die pad af, voor ‘n aankomende vragmotor in, gestamp het. Haar tweelingsussie en kêrel was saam met haar in die motor.
Daily Mail berig die 26-jarige Erica Hoy is dood toe sy saam met haar tweelingsussie, Lisa, en kêrel, Mike Reader, in Adelaide, Australië op pad was.
Die bestuurder van die ander motor, Carlie Eileen Richards (38), het glo ná die ongeluk van die toneel gevlug en is later deur die polisie in hegtenis geneem,
Erica is op die toneel dood en Reader en Lisa is na ‘n hospitaal gejaag vir behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



