Moordslagoffer kaal in Canelands gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die naakte liggaam van ‘n man wat in sy huis in Stationstraat in Canelands, KwaZulu-Natal vermoor is, is deur beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) ontdek.

Volgens Rusa is beamptes omstreeks 23:14 van ‘n skietery in die buurt in kennis gestel. Met hulle aankoms op die toneel, is beamptes deur ‘n informele area gelei tot by die slagoffer se huis.

Die oorledene het twee skietwonde in sy rug en een in sy bors gehad. Hy het naak, plat op sy bors, op die vloer gelê.

Vier 9 mm-patrone is op die toneel gevind.

Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel