Polisiewoordvoerder, lt.kol. Nqobile Gwala, het gesê drie gewapende mans het om 10:00 ‘n poskantoor in Lamontville binnegegaan en die personeel voor pensioenarisse aangehou.
“Daar was ongeveer 200 bejaardes wat geduldig vir hul pensioenuitbetalings gewag het toe die gewapende mans ingekom en die personeel met ‘n vuurwapen aangehou het. Hulle het die bestuurder en personeel gedwing om die kluis oop te maak en twee sakke met kontant gesteel.”
Die groep pensionarisse het toe ingespring om te help. Hulle het die verdagtes bymekaargemaak en agternagesit en daarin geslaag om twee van die drie mans vas te trek.
“Ongelukkig het die verdagte met [die] kontant en ‘n vuurwapen daarin geslaag om die bosse in te vlug. Geen skote is afgevuur nie en geen beserings is aangemeld nie.”
Gwala het gesê die twee mans, onderskeidelik 26 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof.
Bronne: Times LIVE, SABC, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man wat twee meisies vermoor, kry lewenslange tronkstraf plus 35 jaar



