Nóg ‘n Matie-student het die afgelope naweek in ‘n motorongeluk gesterf.
Die studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch (US) het dié hartseer nuus oor hul medestudent, Lesedi Luthers, gedeel.
“Ons, as ’n universiteit, is hartseer om te hoor van die afsterwe van nog ’n gewaardeerde lid van ons gemeenskap. Ons wil ons innige simpatie aan Lesedi se familie, vriende en medestudente betuig. Ons gedagtes is by hulle gedurende hierdie tyd van diepe rou,” lui ’n verklaring deur die SR.
’n Gedenkdiens is Dinsdagaand in die VV-saal gehou.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



