Man wat meisie “soos dier” vermoor sit lewenslank

Deel hierdie storie / Share this story

Christopher (Stoffie) Watson wat sy eks-meisie in November 2021met ‘n mes doodgesteek het, is Woensdagoggend lewenslank tronk toe gestuur.

Hy het Angelique Fourie (28) op Trichardt voor hul driejarige dogtertjie agt keer met ‘n mes gesteek.

Volgens regter Johanna Mthimunye het Watson Fourie soos ‘n dier vermoor. Sy het die moord as “onmenslik” beskryf.

Watson het Fourie agt keer met ‘n mes gesteek en nie 14 keer soos voorheen beweer is nie.

Nadat hy vir ‘n dag na die moord spoorloos verdwyn het, het hy homself kort daarna by die Norken-polisiekantoor in Kemptonpark oorgegee.

Watson het Fourie in haar huis in die Terra Nova-kompleks vermoor. Haar buurvrou het die aand gesien hoe haar woonstel aan die brand was en gaan ondersoek instel.

Fourie is op die vloer gevind met ‘n steekwond aan haar nek en merke aan haar lyf. Watson en Fourie was glo in ‘n argument betrokke voor haar dood. Hulle dogtertjie het ten tye van die moord by Fourie gebly.

Mike Bolhuis, privaat ondersoeker, het vroeër aan FiND iT gesê Watson het die aand van die moord hul dogter omstreeks 23:30 by sy suster in Secunda afgelaai. Die dogtertjie woon nou by haar ouma en oupa.

Watson het met sy hofverskyning Dinsdag ‘n tatoeëermerk op sy regterarm gehad met die woorde “RIPAngie” met ‘n kis met ‘n kruis binne-in.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel