Familie kry vrou waar sy aan tou hang

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (54) is Woensdag tydens ‘n welstandsbesoek ontdek waar sy in haar sitkamer aan ‘n tou gehang het.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 12:49 na die eiendom gestuur.

Met aankoms was die Phoenix-SAPD en provinsiale ambulansdiens klaar daar.

Daar is vasgestel dat ‘n familielid by die eiendom aangekom het nadat die oorledene versuim het om op telefoonoproepe of SMS’e te reageer.

Die motief vir die selffood is nie vasgestel nie.

As jy of iemand na aan jou selfdoodgedagtes het, kontak die Suicide Helpline by 0800 567 567 of Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel