Altesaam 19 liggame van mynwerkers gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Gauteng kan bevestig dat lede van SAPD Krugerdorp op 2 November 2022 omstreeks 15:00 gereageer het op ‘n oproep na die ontdekking van 19 liggame van beweerde onwettige mynwerkers in een van die aktiewe myne in die area.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die liggame geskuif en geplaas is waar hulle ontdek is.

Geen gemene spel word in hierdie stadium vermoed nie. Nadoodse ondersoeke sal die oorsaak van dood bepaal.