’n Swanger vrou is by ’n padblokkade op die N7 naby Moorreesburg in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat sy in besit van inheemse plante gevind is.
Die Wes-Kaapse vervoerdepartement het ‘n padblokkade op die pad gehou om Vervoermaand af te sluit.
Die provinsiale minister van mobiliteit, Daylin Mitchell, wat by die padblokkade aangesluit het, het die beamptes geloof vir hul volgehoue pogings om te keer dat die provinsie se paaie gebruik word om onwettige stowwe te vervoer.
Fotokrediet: SABC News Wes-Kaap




