Mpho Phalatse gaan dalk nog ’n mosie van wantroue teen haar kry, indien die stad se programmeringskomitee dit by Vrydag se vergadering goedkeur.
Die mosie is deur die ANC voor die komitee gebring enkele dae nadat Dada Morero deur die Johannesburgse hooggeregshof as burgemeester verwyder is.
In plaas daarvan om teen die hof se besluit te appelleer, het die ANC gesê hy sal eerder die proses herbegin omdat appèl lank sal neem om af te handel.
“Ons sal die status quo herstel en die stad Johannesburg stabiliseer. Ons kon maklik appelleer het, en om te appelleer, sou beteken het dat die status quo sou bly. Mpho Phalatse gaan nie ‘n burgemeester wees nie, maar mense van Johannesburg gaan in onsekerheid oor hofprosesse bly,” sê Sasabona Manganye, streeksekretaris van die ANC vir Groot-Johannesburg.
Morero het aan die SABC gesê die koalisie is nog ongeskonde en hulle beplan steeds om Phalatse uit die pos te verwyder.
Phalatse het egter gesê sy is optimisties dat die DA en sy koalisievennote die mosie sal kan verslaan.
Bronne: IOL, EWN, SABC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Hof beslis in guns van Mpho Phalatse



