Internetsensasies Ouma (96) en kleinseun Ross (30) se avonture

Deel hierdie storie / Share this story

Ouma (96) en haar kleinseun Ross Smith is ‘n duo om mee rekening te hou.

Sy huiwer nie om enige ding saam met hom aan te pak en hul meer as 11 miljoen volgelinge te vermaak nie.

Van die spring van hoë plekke af, vakansie hou en dan het hy haar ook nog met haar eerste eie motor verras.

Fotokrediet Ross Smith

Van die oulikste oomblikke is beslis waar die twee volgens temas aantrek en tonele uitbeeld. Elke jaar wanneer sy verjaar, doen Ross iets spesiaals vir haar. En Ouma – wel, sy sê sy is mal oor verrassings.

Sy het onlangs ‘n operasie vir kanker ondergaan en Ross het haar met ‘n spesiale video deur bekendes, onder andere Chuck Norris, verras.

Fotokrediet Ross Smith

Die twee se avonture kan gevolg word op Ross se Facebook- of Instagram-bladsye.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.