Vyf verdagtes is Dinsdag op Dududu in hegtenis geneem vir poging tot moord na hulle glo op passasiers in ’n taxi geskiet het.
Volgens getuies in die taxi is hulle glo 08:30 op 25 Oktober voorgekeer deur gewapende sekuriteitswagte. Toe die taxi stilhou, het die wagte glo op die passasiers begin skiet. Daar iss wonderbaarlik niemand beseer nie.
Die polisie het vinnig reageer en vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 34 en 41 vasgetrek.
Die vyf verdagtes sal op 27 Oktober in die Scottburgh-landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man aangekla van ontvoering misbruik glo kerk se adres



