Aanklagte laat vaar teen 14 verdagtes in Krugersdorp-verkragtingsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Verkragtingaanklagte teen 14 verdagtes wat in verband met die Krugersdorp-verkragting in hegtenis geneem is, is laat vaar.

Die verdagtes is Donderdagoggend deur die Krugersdorp-landdroshof op alle aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en roof met verswarende omstandighede vrygespreek.

Na verneem word, is die aanklagte teruggetrek weens onvoldoende bewyse, insluitend sommige DNS-resultate wat nie die verdagtes met die misdaad kon verbind nie.

Die polisie het die groep gevang nadat agt vroue in Julie met vuurwapens verkrag is terwyl hulle ‘n musiekvideo by ‘n ongebruikte myn in West Village verfilm het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die beweerde onwettige mynwerkers bly in aanhouding en sal nou net aangekla word vir oortreding van die Immigrasiewet.

Bronne: Eyewitness News, iAfrica

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Polisie arresteer filmspanlid in Krugersdorp-verkragtingsaak