Steve Hofmeyr se jonger broer oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr se jonger broer, Johann Hofmeyr (56) is gister om 16:00 oorlede. Steve het die hartseer nuus vanoggend op sosiale media bekendgemaak.

“Ek is vandag sonder woorde.”

Steve sê dat sy ma hom in trane gebel het om vir hom die slegte nuus te gee.

En dan verduidelik hy: “Johann (Goose) was ongesteld na ‘n hartaandoening, maar was myns insiens sterk op pad na beterskap.”

Goose, wat Steve as die “stil Hofmeyr” beskryf, het blykbaar gistermiddag inmekaargesak.

“Ons gesin dink aan Theresa en Clarise, sy dogter.”

Steve spreek medelye vir hul ma uit: “Geen moeder moet ‘n kind so groet nie.”

“Ons harte is gebreek.”

“Totsiens my broer.”

FiND iT Nuus spreek hiermee medelye uit aan Steve Hofmeyr en sy uitgebreide familie met hul verlies.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.