Jack vind sy voertuig in kleefplastiek toegedraai

Deel hierdie storie / Share this story

Jack Hart (20, het sy voertuig, ‘n Vauxhall Corsa, parkeer gelaat en toe hy na werk by sy motor kom, was dit in kleefplastiek toegedraai.

Daar was ‘n dreigende nota in die windskerm gelaat wat gesê het: “Volgende keer gaan dit erger wees” en daarom het hy eers gedink hy het iemand kwaad gemaak.

Min het hy geweet dat dit weereens sy eie vriende was wat hom ‘n poets gebak het. Die vriende bak glo gereeld poetse met mekaar, maar Jack het gesê hy het nooit so iets verwag nie.

Foto’s van sy toegedraaide motor het viraal geraak terwyl hy by die werk in Scarborough, North Yorkshire, was.

Fotokrediet The Sun

Gelukkig kon hy die kleefplastiek vinnig verwyder en die motor het geen skade gehad nie.

En ja, hy is reg om sy vriende terug te kry.

Bronne: The Sun en Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.