‘Bejeweled’ – Taylor Swift se video nou uit!

Deel hierdie storie / Share this story

Bejeweled, Taylor Swift se nuwe musiekvideo, wat deel is van haar nuwe album, Midnights, is vrygestel. Dié video is deur Aspoestertjie geïnspireer. Taylor speel die moeë, afgematte suster, wat deur haar stiefsusters en stiefma geboelie word. Sy moet vir ’n talentkompetisie inskryf om die prins se hart en sleutels na haar kasteel te wen. 

LEES OOK: ‘Steampunk’ vir matriekafskeid

Bejeweled is deurtrek met bekende name. Met die Oscar-wenner Laura Dern as die bose stiefma, die Hiam-susters as die stiefsusters, Pat McGrath as die koningin, Jack Antonoff as die prins, Dita von Teese, die koningin van burlesk, as die feetjie-godin en die stem van Stefon (Stefon Meyers) van Saturday Night Live. 

Met ’n kleurvolle eenstuk met juwele op, wat Taylor se eras verteenwoordig, kry sy ’n les by Dita von Teese om by die talentskou op tree.

Taylor was self die regisseur vir die musiekvideo, Bejeweled

Kyk die video hier:

Taylor skryf in haar Instagram-inskrywing: “Bejeweled-video is NOU uit! Regie deur hierdie moeë (stiefsuster). Ek maak dit saam met my beste vriende @haimtheband, die grootste van die grotes @lauradern, ikoon van burlesk en glans @ditavonteese, geniale en werklike dame @patmcgrathreal en my vennoot in Midnights Mayhem @jackantonoff. Lief julle so baie. Bly sprankelend daar buite. 😘”

Taylor het sedert Saterdagaand nuwe liedjies bekendgestel vir haar nuwe album.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel