Twee tienermeisies van Upington in die Noord-Kaap is sedert Sondagaand om 21:30 vermis.
Reneé Orange, Hailey Orange se sussie, vertel daar was geen struwelinge by die huis nie.
“Ons het haar 21:45 Sondagaand laas gesien. Ons het om 22:00 besef die hekke is oop en na haar begin soek.”
Orange vertel bekommerd dat hulle nie weet wat Hailey ten tye van haar verdwyning gedra het nie. “Sy het wit nagklere aangehad toe ons haar laas gesien het, maar sy het dit hier gelos.”
Reneé sê beide die tieners se selfone is af. “Hulle is nuwe vriende, ons het met haar verdwyning besef hulle is saam weg.”
Sy sê die gesin het boodskappe ontvang wat klaarblyklik van die twee tienermeisies af kom, wat sê dat hulle oor ‘n maand sal huis toe kom. “Ons kan egter nie vir seker weet of die boodskappe van hulle af kom nie. Hulle het geweier om ‘n video van hulle twee te stuur.”
Indien jy enigiets weet oor die twee se verdwyning, kontak Janey by 082 724 0504, Reneé by 060 921 8686 of Denise by 078 925 6278.




Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



