‘n Spaanse tiener wat sy ouers en sy 10-jarige boetie doodgeskiet het ná hy vir sy swak skoolpunte gestraf is, het ses jaar tronkstraf gekry.
Die 15-jarige tienerseun het sy ma met sy oupa se jaggeweer doodgeskiet voor hy sy jonger boetie en sy pa ook doodgeskiet het.
Hy is verbied om die internet te gebruik of televisie te kyk weens sy swak skoolpunte.
Hy het vir verskeie dae saam met sy gesin se liggame in hulle huis gelewe voor die misdaad aan die lig gekom het.
Dis Saterdag bekendgemaak dat die moordenaar, wat vir wetlike redes net as Santi bekendstaan, ses jaar tronkstraf en ‘n probasieperiode van drie jaar opgelê is. Plaaslike verslae dui daarop dat hy skuld erken het op die moorde.
Die seun het aan spesialiste vertel dat hy ‘n “woede-aanval” ervaar het na hy verbied is om televisie te kyk, die internet te gebruik of saam met sy vriende uit te gaan. Hy was ook verplig om met huistakies te help.
Hy het sy boetie van agter af geskiet na hy probeer vlug het toe sy ma geskiet is. Hy het hulle liggame in ‘n stoorkamer gebêre voor hy die geweer gebruik het om sy pa later die dag dood te skiet.
Hy het vir drie dae na die moorde in sy kamer videospeletjies gespeel, die skool gebel en gemaak asof hy Covid-19 opgedoen het om “tyd te koop”.
Hy het aan bekommerde familielede wat by die huis opgedaag het, erken wat hy gedoen het. – Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



