Toks van der Linde het ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak om te se dat hy die gewilde Toks ‘n Tjops-program na 12 jaar verlaat.
Hy noem dat vertroue tussen hom en “Liebie” verbrokkel het.
“kykNet was amazing vir my, dankie, dankie, dankie.”
“So ek maak klaar met Toks ‘n Tjops, so leer jy mense ken.”
Hy het almal vir hulle ondersteuning oor die afgelope jaar bedank, en sluit af met: “baie lief vir almal van julle. Tot weer siens. Ou Tokka.”
Ondersteuners het klaar kommentaar gelewer deur te se daar is nie Toks ‘n Tjops sonder Toks nie.
Hy het intussen die plasing verwyder:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



