Vyf sterf in ongeluk op N2

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense is Saterdagoggend op die N2 naby Tugela in ‘n ernstige motorongeluk oorlede.

Volgens IPSS Medical Rescue was paramedici reeds op die toneel waar ‘n ongeluk op die N2 naby Zinkwazi plaasgevind het toe hulle ‘n oproep ontvang het oor die ongeluk naby Tugela.

Paramedici het daar op die gru-toneel afgekom waar ‘n botsing tussen ‘n sedan en ‘n ligte motorvoertuig plaasgevind het.

Agt mense het in die sedan gery. Vyf van hulle is in die botsing oorlede.

Die drie oorblywende passasiers van die sedan en twee ander wat in die motorvoertuig was, het ligte tot ernstige beserings opgedoen en is na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel