Die 47-jarige Liz Truss, wat na 44 dae as Britse premier bedank het, is die premier wat vir die kortste tydperk nog die pos in Brittanje beklee het.
Haar besluit om te bedank, volg na ‘n “chaotiese” ses weke as premier.
Toe Truss in September as Britse minister aangestel is, het sy die pos betree met die bedoeling om die ekonomie ‘n hupstoot te gee.
Haar voorstelle het egter die ekonomie groot skade berokken.
Truss wou belasting verlaag om die ekonomie ‘n hupstoot te gee en terselfdertyd geld leen om verbruikers met energiekostes te ondersteun. Dié planne is nie deur die regering goedgekeur nie.
Die Bank van Engeland moes ingryp om die orde in die finansiële markte weer te herstel na verkope van skuld in reaksie op haar plan.
“Ek erken, gegewe die situasie, dat ek nie die mandaat waarvolgens ek verkies is, kan uitvoer nie,” het sy Donderdagmiddag tydens ‘n verklaring in Downingstraat gesê.
Sy het die toespraak beëindig deur te sê: “Ek sal die premier bly tot iemand anders verkies is.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



