Is daar nog paaie in die land wat so sleg lyk soos dié ‘genadepad?’

Deel hierdie storie / Share this story

Mariska Potgieter, DA-raadslid van Letsemeng- plaaslike munisipaliteit, noem dit die “genadepad na Oppermans.”

In die video kan gesien word hoe die gemeenskap van Oppermans vir 10 km op genade op flenters teer moet ry wanneer hulle na nabygeleë dorpe of elders moet gaan.

“Hulle trotseer telkemale die pad met die hoop dat hulle nie ‘n band gaan verloor of skade aan hul voertuie opdoen nie.”

Mariska sê die regerende party was vol beloftes om paaie in die Vrystaat reg te stel.

“Die belofte was dat daar binne ses maande geen slaggate in die Vrystaat sou wees nie. Dit is duidelik dat dit net leë beloftes van die Vrystaat se regerende party was.”

Mariska belowe egter dat die DA sal aanhou om druk op die Vrystaatse provinsiale regering te plaas totdat daar werk gemaak word om die paaie van Letsemeng- plaaslike munisipaliteit veiliger te maak soos wat die belofte was.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.