A businessman has been kidnapped in Gqeberha. pic.twitter.com/1jQ9iGXkVe
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) October 19, 2022
Kidnapping: Laher was taken by a group of men. https://t.co/IuAGeGhhAr pic.twitter.com/C2j2fHFho3
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) October 19, 2022
Ashraf Laher (45), ‘n besigheidseienaar, is Woensdag 19 Oktober om ongeveer 12:30 in Durbanweg, Korsten, Gelvandale, Oos-Kaap, gekaap en ontvoer.
Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê Laher het na bewering met sy wit Ford Ranger in Durbanweg, Korsten, gery toe hy deur vier onbekende verdagtes genader is en een ‘n wapen op h om gerig het. Hulle het almal saam met hom in sy voertuig geklim en weggery.
Die Ford Ranger is omstreeks 14:00 verlate in Evereadyweg, Sidwell, gevind, maar Laher is steeds soek.
‘n Ontvoering- en kapingsaak is deur Laher se vrou by die Gelvandale-polisiestasie aanhangig gemaak.
Lt.genl. Nomthetheleli Mene, die provinsiale kommissaris in die Oos-Kaap, het ‘n 72 uur mobiliseringsplan geloods om die skuldiges so spoedig moontlik op te spoor en in hegtenis te neem.
Enigiemand wat inligting het oor waar die slagoffer hom bevind, word versoek om asseblief met Galvendale-polisiestasie kontak te maak of die Stop Misdaadnommer by 08 600 10 111 te skakel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



