Twee sestienjariges vas oor beweerde gesteelde voertuig

Deel hierdie storie / Share this story

Twee sestienjariges is Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem na hulle glo in die besit van ‘n gesteelde voertuig in Nyanga betrap is.

Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes het Woensdag by ‘n huis in Barcelona ingebreek en met ‘n wit Golf weggejaag.

Die polisie se teenmisdaadseenheid in Nyanga het omstreeks 21:30 die gesteelde voertuig gewaar.

Die twee verdagtes is glo ook in die besit van ‘n vuurwapen en vier rondtes ammunisie gevang.

Hulle is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel