Die video kan hier gekyk word:
https://vm.tiktok.com/ZMFrTouSo/
Die NSPCA (Nasionale Dierebeskermingsvereniging) het na verskeie klagtes wat hulle ontvang het donkies, wat in ‘n TikTok-video mishandel word vir pure vermaak van TikTok-volgelinge, uit hulle vermeende eienaar se sorg verwyder.
In die video word die donkies geklap en afgeknou.
Dit is nie waar die NSPCA gestop het nie – hulle het ook ‘n lasbrief vir die vermeende eienaar se arrestasie verkry.
Op ‘n hul Facebook-blad het die NSPCA gesê hulle het met net’n TikTok-naam ‘n soektog van stapel gestuur na die “komediant” wat hierdie diere ‘n onreg aandoen.
Hulle soektog het hulle na ‘n klein dorpie in Limpopo gelei waar al vier donkies verwyder is en na ‘n plek van veiligheid geneem is. Hulle het mediese aandag ontvang en daar word gesorg dat die vier niks kortkom nie.
Ten tyde van die verwydering was die man wat die video gemaak het nie teenwoordig nie, maar die hof het ‘n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik.
“Nie net het hierdie mishandelaar die donkes skade aangedoen nie, maar hy respekteer nie die mense wat van dokies gebruik maak om te oorleef nie en het Suid-Afrika in ‘n negatiewe lig vir die res van die wêreld geplaas.
“Die NSPCA bly lojaal om te verseker dat dieremishandelaars met die volle mag van die wet te doen kry.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



