Kyk: Diabeet laat been onder knie afsit, rehabiliteer met EnAble

Deel hierdie storie / Share this story

Able

Video verskaf

Wees gewaarsku! Foto’s kan sensitiewe lesers ontstel.

Butch Green (39), is ‘n oud-leerling van Paarl Gimnasium en het ongeveer ‘n jaar gelede uitgevind hy is ‘n diabeet, maar het nie sy medikasie gedrink nie, omdat hy gesond gevoel het.

Sy regtervoet se kleintoontjie het op 15 Julie vanjaar begin pyn en hy het eers nie veel ag daarop geslaan nie, omdat hy weet hy het hom nie seergemaak of gestamp nie.

Die toon het geweldig begin pyn. Hy het ‘n staatsdokter gaan sien wat vir hom gesê het dit is van die diabetes. Twee weke daarna was hy in en uit by die hospitaal. Sy toon het gangreen ontwikkel. Hy het sy toon verloor en twee weke later het dokters ‘n tweede toon afgesit.

“Nadat dokters in Tygerberg-hospitaal vir my gesê het hulle kan nie vir my are oorplant nie en dat die beste bloed onder my knie is, het ek op 3 Augustus die besluit geneem om my been onder my knie te laat afsit voordat ek nog tone en my voet stuk-stuk verloor.”

Dit is ongeveer twee maande gelede gedoen. Eers het hy baie gesukkel, dit was moeilik om aan te pas. Hy was kwaad, maar het ‘n ‘n boodskap ontvang wat sy lewe handomkeer verander het.

“Op die 14 Augustus het broer André my kom sien en vir my Woord gegee: “Get out of your comfort zone,” wat my laat besef het ek moet dankbaar wees ek lewe.”

Die hospitaal se fisioterapeut, wat hom slegs een keer ‘n maand kon sien, het hom na die “EnAble-groep” vir fisioterapie gestuur.

“Ek sterk so goed aan dat die fisioterapeut by ons plaaslike hospitaal gesê het hy wil my eers weer oor drie maande sien.”

“Ek is tans baie betrokke by die Commission Church in die Paarl en ek help waar ookal ek kan volgens my vermoëns. Ons het op die 3de Desember ‘n Food Festival waartydens ons kos van verskillende lande gaan maak.”

Alhoewel die funksie nie gehou word om vir Butch te help nie, is hy tans sonder werk en ‘n inkomste en word daar wel ‘n gholfdag om hom te help, beplan.

Enige persoon kan kaartjies koop vir die fees, of Butch help met pryse vir die dag, met skenkings van waterkoeldrank, groente en vruge ondersteun of by hom betrokke raak deur hom te kontak by 067 775 4672. Geldelike donasies kan by B Green, Capitec Bank, rekeningnommer 1493774210 inbetaal word.

Foto verskaf

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel