Hillary Gardee se familie dagvaar dept. van justisie vir nalatigheid

Deel hierdie storie / Share this story

Hillary Gardee se familie in Mbombela dagvaar glo die departement van justisie en korrektiewe dienste vir R18 miljoen vir beweerde nalatigheid, trauma en skadevergoeding.

Die familie het gesê hulle het inligting ontvang dat een van die moordverdagtes, Russia Nkune, op parool was toe sy vermoor is. Volgens die familie het Nkune nie sy paroolterme nagekom nie, want hy het vir amper twee jaar verdwyn na sy vrylating in 2019.

Volgens ‘n brief van die Gardee-familie se prokureur sou Hillary dalk nog gelewe het as die departement hulle werk gedoen het.

Bronne: SABC, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vyfde verdagte in Hillary Gardee-saak vry sonder hofverskyning