‘n Vrou wat gekla het oor twee oorgewig passasiers op haar vlug het vergoeding ontvang by die lugredery.
Dr. Sydney Watson, ‘n Australiese politiese kommentator, het hewige kritiek ontvang na sy foto’s op sosiale media gedeel het waarin sy kla sy is “vasgekeer” tussen twee oorgewig mense op ‘n vlug,
Sy het die lugredery is haar plasing genoem en gesê “Ons moet praat”.
Sy het in verskeie plasings gekla oor mense wat oorgewig is en dat hulle nie moet vlieg nie of dat hulle twee sitplekke moet koop.
Sy het later gesê dat sy vergoeding by die lugredery ontvang het vir haar “ongerief”.
Mense op sosiale media het Watson gekritiseer vir haar kommentaar en baie het gesê sy moes eerder by die lugredery kla as om foto’s te plaas van twee mense wat geen beheer het oor hoe groot die sitplekke was nie.
Bronne: Tyla, Daily Star
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man byt polisiehond



