Die wetsontwerp vir die voorgestelde verandering in die Drankwysigingswet was reeds in 2016 vir openbare kommentaar deur die parlement goedgekeur, maar dit is sedert 2018 opgehou. Dit sal nou weer aan die parlement voorgelê word.
Die poging van die wetsontwerp is om die Nasionale Drankwet van 2003 te wysig deur beperkings op alkohol te verskerp en om die adverteer van waar om alkohol te koop, te reguleer.
Die departement van handel, nywerheid en mededinging sê inligting wat tydens die Covid-inperking ingesamel is oor alkoholmisbruik. kan verooroorsaak dat selfs nog meer veranderinge aan die wysingswetsontwerp op Drank ingestel kan word as wat aanvanklik die voorstel was.
Die volgende prioriteite was in geheel voorgestel:
- Die vermindering van die beskikbaarheid van alkohol,
2. die verhoging van die koste daarvan en
3. die beperking of verbod op bemarking.
Gevolglik is die volgende veranderinge, waarvan jy moet kennis neem, voorgestel in die Drankwetsontwerp, wat in 2016 opgestel is:
Advertensies van alkohol op openbare platforms sal beperk word;
Die wettige ouderdom waarop jy kan drink word van 18 na 21 jaar verhoog;
Handelsdae en -ure vir alkohol wat versprei en vervaardig moet word, sal gereguleer word:
en om aanspreeklikheid vir skade wat spruit uit die oortreding van regulasies op alkoholkleinhandelaars en -vervaardigers te plaas.
Die voorgestelde wysigings verbied verder dat alkoholadvertensies op sekere tye op radio en televisie, asook op reklameborde minder as 100 meter van aansluitings, straathoeke en verkeersirkels af verbied moet word.
Huidige voorstelle in die Basic Education Laws Amendment Bill, wat skole toelaat om alkohol by funksies en fondsinsamelingsprojekte toe te laat, sal ook verbied word indien die wet deurgevoer word.
Lees verder hier:
https://static.pmg.org.za/160930liquor.pdf
https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/201409/a59-03.pdf
Bron: Oorspronklike artikel deur Groudup
https://www.groundup.org.za/article/liquor-amendment-bill-might-be-further-toughened-up/
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



