Deel asb. – help Danelle Crous (13) na amper 2 mnde. met haar ma herenig

Deel hierdie storie / Share this story

Danelle Crous (13) het haar ouerhuis te South Beach, Punt, Durban, Dinsdag 11 Oktober om ongeveer 11:15 te voet verlaat.

Chantelle Crous, ma van Danelle, sê haar sandale is intussen deur haar broer en dié se vriend gekry waar dit in die water by North Beach-pier gedryf het. Danelle was volgens haar ma depressief en het oor selfdood met haar suster gepraat.

Sy is ongeveer 1,5 m lank en weeg ongeveer 41 kg. Sy het ‘n inplanting aan die binnekant van haar linkerarm wat blou vertoon. Sy was geklee in ‘n bottelgroen kortbroek en ‘n donkerblou T-hemp toe sy die laaste keer gesien is.

Sirkulasienommer: 209/10/2022 het betrekking.

Enigiemand met inligting van waar sy haar bevind, kan met die Punt-SAPD kontak maak by 031 367 4032 of alternatiewelik kan die volgende persone gebel of geWhatsApp word:

Dawn: 074 712 5855

Afzal: 084 687 1226

Joel: 062 485 6672

Andy: 083 254 0012

Bounty: 066 507 3163

Earl: 084 078 1189

Bron: Chantelle Crous en Renegades Search and Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel