Beurtkrag, oftewel loadshedding, is Maandag deur die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSALB) aangewys as die 2022 woord van die jaar.

PanSALB sê die woord van die jaar word gekies op grond van die grootste nuusgebeure van die jaar.
Van die ander woorde op die kortlys was Zenofobie, geslagsgebaseerde-geweld en Phala-Phala.
2021 se woord van die jaar was inenting.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



