Vyf verdagtes is in hegtenis geneem na ‘n mislukte besigheidsrooftog op 15 Oktober vanjaar.
Die verdagtes is almal tussen die ouderdomme van 27 en 40 jaar oud.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 16:30 inligting ontvang van ‘n betroubare lid van die gemeenskap oor die besigheidsrooftog wat aan die gang was.
Die polisie het vinnig reageer. Die verdagtes het ‘n 51-jarige besigheidseienaar, sy vrou, werknemers en klante op die toneel gyselaar gehou.
Een van die verdagtes is met ‘n vuurwapen gevang na hy deur die polisie geskiet is. ‘n Tweede verdagte het ‘n sesjarige meisie as menslike skild gebruik.
Drie ander verdagtes is later in die winkel se dak gevind.
Die vier verdagtes sal môre in die Leslie-landdroshof verskyn en die vyfde verdagte, wat deur die polisie geskiet is, sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.


