Twee dood, verskeie kritiek na botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mense is dood en verskeie ander ernstig beseer toe ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n minibus Sondagaand plaasgevind het.

Volgens Emer-G-Med het die botsing op die R55 in Centurion plaasgevind.

Verslae van die toneel dui daarop dat ‘n minibus teen die agterkant van ‘n vragmotor gebots het.

Vyf passasiers van die taxi was in ‘n kritieke toestand en is op die toneel deur paramedici behandel voor hulle na hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Twee passasiers is op die toneel dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel