Terri Irwin oorweeg glo om Australia Zoo te verkoop

Deel hierdie storie / Share this story

Terri Irwin, weduwee van die oorlede “Crocodile Hunter” Steve Irwin, oorweeg blykbaar om die Australia Zoo te verkoop.

Die Sunshune Coast-dieretuin, wat in 1970 deur Steve se pa, Bob Irwin, as die Beerwah Reptile Park begin is, is een van Australië se mees ikoniese toeristeaantreklikhede. Die dieretuin is in finansiële moeilikheid tydens inperking na die Covid-19-pandemie.

New Idea Magazine het bronne na aan die familie aangehaal en gesê Terri (58) is bereid om die besigheid vir persoonlike en besigheidsredes te verkoop.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel