’n Historiese huis in die Belgravia-area van Kimberley, wat deel is van die erfenis area van dié stad, het vanoggend afgebrand.
Die brandweer het net na 04:00 die oproep gekry dat die huis in Du Toitspan, reg langs die @Mac’s-kafee, brand.
’n Sekuriteitswag van Scorp Security, wat die buurtwag in dié area doen, het op die buurtwag-groep inwoners van die brand ingelig.
Die eienaar van die huis het op die toneel gesê hulle weet nog nie hoe die brand begin het nie. Die eienaars was nie self in die huis nie, aangesien dit as ’n onderneming, The Coach Potato, bedryf is.
FiND iT het ’n navraag by die brandweer ingesit vir die oorsaak van die brand. Dit is nog nie seker hoe baie skade daar aan die huis en die inhoud is nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



