Dis-Chem retireer en vra verskoning vir woordkeuse en toon van brief

Deel hierdie storie / Share this story

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het laat vanmiddag ‘n brief van Dis-Chem op sy Facebook-blad geplaas waarin hy sê dat Dis-Chem die rasbrief wat uitgelek en wyd en syd versprei is, terugtrek.

Dis-Chem het verskoning aan Suid-Afrika gevra oor die brief wat aanstellings en bevorderings vir wit mense verbied. Hul spyt word uitgespreek vir die aanstoot wat die uitgelekte brief aan soveel mense, insluitend hul personeel en klante, bersorg het.

“Dit volg nadat Solidariteit vandag ‘n regsbrief op Dis-Chem beteken het waarin geëis word dat die moratorium op die aanstellings van wittes teruggetrek word, anders gaan met ‘n hofsaak voortgegaan word.”

Hy sê verder: “Alhoewel ons die terugtrek van die memo verwelkom, gaan ons doodseker maak dat die beleid, om ‘n moratorium op wittes te plaas, ook teruggetrek is. Indien nie, gaan ons voort met litigasie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel